Scroll Top

Die eerste ja-woord

Die eerste ja-woord

Op 26 September 2015 vra Riaan vir Adelle om saam met hom êrens heen te gaan.

Hy laat nie die aap uit die mou oor waarheen hulle gaan nie, maar moes natuurlik vir Adelle se ouers laat weet waarheen hy hulle dogter vat. Uiteindelik kom hulle by hulle bestemming aan – Pretoria se Dieretuin. Die koelboks is gepak met allerhande lekkernye wat Riaan self gemaak het – van pasteitjies, frikkadelle en ander peuselhappies. Dit is warm en almal wat Adelle ken, weet sy is nie een vir ver stap nie. Gou genoeg begin kla sy is moeg, honger en sy kry warm. Riaan begin soek na ‘n koelteboom waar hulle kan piekniek hou, maar tevergeefs.

Dit wemel van die mense en daar is nie plek vir ‘n muis nie. Hulle besluit toe om maar huiswaarts te keer. Dit is so warm dat hulle besluit om na Adelle se Oupa se huis te gaan wat ‘n lekker swembad het sodat hulle net voete in die water kan sit en afkoel. Adelle was in die huis om iets te gaan haal, en toe sy uitkom, sien sy Riaan het die piekniekkombers oopgegooi, die kos en drinkgoed uitgepak en hy staan met sy hande agter sy rug. Sy voorkop sweet en Adelle weet sommer hierdie is nie van warm kry nie. Sy staan voor hom en kan nie help om die alleen onderbroek op die wasgoeddraad raak te sien en daaroor te lag nie.

Skaam-skaam begin Riaan praat en haal sy hande agter sy rug uit: “Adelle, ek het vir jou hierdie origami-blommetjie gemaak, omdat ek weet ander blomme laat jou nies. En hiermee wil ek vir jou vra of jy asseblief my meisie sal wees?” Sonder om twee keer te dink, was die antwoord ‘n definitiewe “JA!” en dit is geseël met ‘n (eerste) soen.

20171207_182707