Dit het begin met ‘n eenvoudige “Hallo Riaan” van Adelle se kant af nadat sy Riaan se profiel op ‘n webtuiste vir enkellopendes raakgesien het.
Ja, dit is daardie einste internet waarteen ons Ma’s ons gewaarsku het van kindsbeen af! Nietemin het hulle ‘n kans gewaag en met mekaar begin gesels, nommers uitgeruil en uiteindelik op 11 September 2015 die moed gehad om ‘n afspraak te maak om mekaar te ontmoet. Die plek van ontmoeting was neutraal en veilig op Universiteit van Pretoria se Hatfield-kampus. Jy weet, sodat daar ten minste kampus sekuriteit naby is in geval iets snaaks sou gebeur – jy hoor mos maar van hierdie “blind dates” wat verkeerd gaan.
Riaan kon nie ‘n woord inkry soos wat Adelle gebabbel het nie. Die vriendskap het gegroei en hulle het mekaar daagliks op die kampus gesien.